Главная / Категории / Современная проза / Историческая литература

Die uur van die engel. Karel Schoeman

Купить Die uur van die engel
  • Тип: Текст
  • Автор: Karel Schoeman
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780798167499
  • Страниц: 609
  • Язык: Африкаанс
1290.76 руб.
Отложить

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en di? van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van hierdie roman. Die eerste verteller wat aan die woord kom, is ’n man in die hede wat sy tuisdorp n? baie jare weer besoek, en veral meer wil uitvind oor Dani?l Steenkamp (Danie Versies), die skaapwagter wat die engel gesien het en wat ’n versameling eenvoudige, religieuse verse nagelaat het. Dan is daar die stemme uit die verlede wat verskillende perspektiewe op die gebeure bied: Dominee Heyns en later die onderwyser Jood wat albei van Dani?l Steenkamp se verse publiseer; Dani?l self, sy suster, en Heyns en Jood se weduwees. As iemand die verlede wil opteken, kan hy/sy slegs nog “kyk en luister, . . . maar om te verstaan, is nouliks meer moontlik. Die verlede is ’n ander land.” Hierdie woorde uit die roman is een van die hooftemas van Schoeman se drieluik Stemme.

Рады Вам также предложить