Wilna Adriaanse-omnibus 2. Wilna Adriaanse
- Тип: Текст
- Автор:
- Издательство: Ingram(2020)
- ISBN: 9780624050698
- Страниц: 529
- Язык: Африкаанс
- Описание
- Фрагмент
In ’n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ’n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar . . .In Serenade vir ’n nagtegaal is sang Ann se hele bestaan, en haar sangdosent, Carl, is die liefde in haar lewe. Maar dan verbreek hy hul verhouding net wanneer sy op vertrek staan na Europa. En nou verskyn daar ’n donkerkop-man op die toneel wat haar letterlik oor haar eie voete laat val ?n geen deernis toon vir haar gekneusde ego nie…En in Hande wat heelmaak keer Libby terug na haar tuisdorp om as fisioterapeut te begin werk. Daar maak sy kennis met haar jong pasi?nt, Nikolai, wie se ouers verongeluk het. Sy oom Andrew, ’n ortopeed, moet vir hom sorg. As tiener was Libby verlief op di? man… maar nou het hy so stug en afgetrokke geword. En tog, soms kan ou gevoelens teen die verwagting in herleef.