Главная / Категории / Детские книги / Учебная литература

Trompie Omnibus 2. Topsy Smith

Купить Trompie Omnibus 2
  • Тип: Текст
  • Автор: Topsy Smith
  • Издательство: Ingram(2020)
  • Серия: Trompie
  • ISBN: 9780798163972
  • Страниц: 381
  • Язык: Африкаанс
686.28 руб.
Отложить

In hierdie omnibus, wat n?g drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die ho?rskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan ho?rskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe re?ls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende maak ook ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisie¬kind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Die bende bel? ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Рады Вам также предложить