Главная / Категории / Публицистика / Публицистика: прочее

Die naaimasjien en ander stories. Rachelle Greeff

Купить Die naaimasjien en ander stories
  • Тип: Текст
  • Автор: Rachelle Greeff
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624075509
  • Страниц: 155
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ʼn Karoodorp lei ʼn Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ʼn polisieman wonder oor die inhoud van ʼn beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ʼn bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ʼn hele lewe aanmekaargestik het. Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal n? verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.

Рады Вам также предложить