Trompie die krieketspeler (#14). Topsy Smith
- Описание
- Фрагмент
Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding n? die ander skeef. Eers breek daar ’n ruit, dan re?n ’n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en ’n klein outjie hoog bo in ’n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. N? ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle ’n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!