Главная / Категории / Современная проза / Контркультура

Klassiek reeks: Op soek na generaal Mannetjies Mentz. Christoffel Coetzee

Купить Klassiek reeks: Op soek na generaal Mannetjies Mentz
  • Тип: Текст
  • Автор: Christoffel Coetzee
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624078234
  • Страниц: 432
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Wenner in De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997), Eug?ne Marais-prys (1999), M-Net-prys (1999). Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorl? en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere. Drie Boere loop aan die spits van di? geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg. En in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en -kinders die Anglo-Boereoorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en ’n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basotho, half-Griekwa mense. Maar dis die verkeerde tyd vir Anne om te blom toe Mentz se burgers die gevange jong Kakie-luitenant daar los – verlief soos sy is, en blind vir die onvermydelike: dat die burgers sal terugkom, en dat hulle bloed sal soek. En so word nog ’n konflik gebore, want Soph se eie broer, blink Frans Naud?, is deel van daardie Wraakkommando. Botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier … Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika: tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van die vorige eeu.

Рады Вам также предложить