Главная / Категории / Современная проза / Контркультура

Ballade vir ’n enkeling. Leon van Nierop

Купить Ballade vir ’n enkeling
  • Тип: Текст
  • Автор: Leon van Nierop
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624070313
  • Страниц: 696
  • Язык: Африкаанс
1214.83 руб.
Отложить

In die laat tagtigerjare het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar di? slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir vandag. Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ’n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ’n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlike rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel.

Рады Вам также предложить