Главная / Категории / Современная проза / Контркультура

Klimtol. Etienne van Heerden

Купить Klimtol
  • Тип: Текст
  • Автор: Etienne van Heerden
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624057260
  • Страниц: 427
  • Язык: Африкаанс
1290.76 руб.
Отложить

Di? yo-yo wat van sy vinger af uitkatrol het eens op ’n tyd vol sale getrek. In die dae van fleur en flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se hare grys, en verlang hy na die kameravrou wat hy dekades laas gesien het. Die bloedkol op die pad by Tweefontein kan hy nie vergeet nie, en so ook die eerste verskyning van die vliepiering op die oop pad . . . <br/> Dis hier op Paternoster, waar hy aan die einde van ’n baie lang pad tot rus probeer kom, dat Snaartjie Windvogel haar opwagting maak. Nou eers kon sy van die suikerhuis wegbreek, maar sy het reeds die aand toe haar viool stukkend getrap is, geweet dat daar vir haar nooit weer ’n terugkeer na Matjiesfontein sou wees nie. <br/> En dis op Paternoster waar haar pad kruis met di? van Eenslie Maree, pas uitgeklaar as adelbors. Hy s??k haar, want sy is ’n pragtige meisiekind met lang bene en goeie dye, kuite soos twee visse en regop borste, en hy is ’n jongman in uniform met ’n reguit rug. Al weet hy dat sy die een is wat die bouers jumps gee. Al s? mense selfs oom Ludo ry elke oggend verby die vuurtoring om Snaartjie in die reservaat te ontmoet en dis hoekom hy deesdae so sonbruin en gesond lyk, want di? meerminjintoe seks hom deeglik en hy is op dreef. <br/> Een ding is seker: twee lyke wat so kort na mekaar by Bekbaai uitspoel is geen grap nie. Wat sou al di? sterftes met die vloek van die see na Paternoster gebring het? Klimtol is Etienne van Heerden se eerste roman sedert die veelbekroonde 30 nagte in Amsterdam in 2008 verskyn het. Dit is ’n kragtoer van ’n triek.

Рады Вам также предложить