En die klippe sal uitroep. Ena Murray
- Тип: Текст
- Автор:
- Издательство: Ingram(2020)
- ISBN: 9780624066385
- Страниц: 200
- Язык: Африкаанс
- Описание
- Фрагмент
Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rh?ne, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie be?ndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral teenoor die plaaswerkers. Di? vurige kampvegter vir menseregte het ’n hart wat onstilbaar klop . . . Vir Martha wat al vergeet het van boontoe beur en wegbreek na ’n beter lewe. Vir Maria, haar mooi dogter met die droom om dokter te word. “Daar is geen re?nboog vir ons nie. God het dit vir die ander mense gestuur en die rykes kry die pot goud daarby – van ons hier op die plase en in die strooise het Hy vergeet . . .” refrein Martha se bitter klag in Miempie se hart. Wat is jy werd as jy nie meer ideale en ’n gewete het nie? Hoe moet die w?reld ’n beter plek word as almal net stilbly? Miempie rus nie voordat sy nie die klippe laat uitroep nie . . .