Главная / Категории / Детские книги / Учебная литература

Droomwa. Barrie Hough

Купить Droomwa
  • Тип: Текст
  • Автор: Barrie Hough
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624078418
  • Страниц: 73
  • Язык: Африкаанс
686.28 руб.
Отложить

“Ma-hulle is nog weg toe ek by die woonstel aankom. Lappies hink agter my aan. Ek gaan sit op Pa se leunstoel en staar na die akwarium. Die suurstof gons eentonig. Ek maak my o? toe. Dit voel of ek dryf. “Ek dryf in water. Dis lou. Toe ek my o? oopmaak, sit ek in die Buick. Sy’s vol water. Die paneelkissie is oop. Wier groei dig daaruit. Op die paneelbord is helder see-anemone. Hulle voelhorings wieg in die water. ’n Engelvis swem voor my gesig verby. Ek steek my hand uit. Hy woerts weg. Langs my agter die stuurwiel sit ’n figuur in groen verbande toegewikkel. Dit lyk of hy al lank onder die water is. Eendmossels klou aan die verbande. Die hande is nie toegedraai nie. Agter op die hande bult are. Dis Pa se hande . . .” Vir Paul van Zyl is sy standerdvyfjaar ’n grootwordjaar. Hy leer dat mens die verlede nie kan terugroep nie. Dat d?t wat verby is, onherroeplik en vir ewig verby is. Dat d?t wat gedoen is, ewe onherroeplik gedaan is. Hy leer om afskeid te neem, en om verantwoordelikheid te neem vir wat hy gedoen het. Maar bowenal leer hy aanvaarding.

Рады Вам также предложить