Главная / Категории / Современная проза / Историческая литература

As die wind kom draai. Hans du Plessis

Купить As die wind kom draai
  • Тип: Текст
  • Автор: Hans du Plessis
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624057475
  • Страниц: 227
  • Язык: Африкаанс
1138.90 руб.
Отложить

Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge l?. Die vroe? son maak dit nog geler, maar dit is 'n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit 'n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die w?reld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir 'n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed l?. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroe? Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.

Рады Вам также предложить