Главная / Категории / Дом, Семья / Природа и животные

Brigadier en die raaiselponie. Marga Jonker

Купить Brigadier en die raaiselponie
  • Тип: Текст
  • Автор: Marga Jonker
  • Издательство: Ingram(2020)
  • ISBN: 9780624068310
  • Страниц: 119
  • Язык: Африкаанс
610.02 руб.
Отложить

Zahn se ouers is geskei toe sy en haar suster nog klein was, en haar pa het onlangs weer by hulle doen en late betrokke geraak. Hulle gaan vir die skoolvakansie kuier op ’n vakansieplaas in die Harkerville-woud, naby Plettenbergbaai, sodat hulle haar pa en sy nuwe vriendin, ’n juweliersware-ontwerper, beter kan leer ken. Die huis is spesiaal so gekies dat Zahn se perd, Brigadier, kon saamkom: Daar is stalle en ander perde en roetes vir uitritte in die bos in die omgewing. Sommer gou ontmoet Zahn twee plaaslike seuns wat haar saamnooi op ’n uitrit. Maar die oggend van die uitrit is dit mistig en re?nerig, en Brigadier, wat die ooptes van Melkbosstrand gewoond is, is onrustig. Verder spook Sibella, die holistiese geneser wat in ’n kothuis op die plaas bly, se sydelingse opmerking oor naglopers ook nog by Zahn. Dit word ’n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en ’n uitgebreide laslapgesin mekaar weer probeer vind.

Рады Вам также предложить